Copyright © 2009 by Safari Voere™ All rights reserved.
WebMaster: Bits & Pixels
Die meeste wildsplase is beperk in grote, vanaf 'n paar, tot duisende hektaar en gewoonlik omhein deur ondeurdringbare wildsheinings. Wildspopulasies word dus grootliks geïsoleer van ander diere van dieselfde spesie. Hierdie intensiewe, kunsmatige sisteem gee aan die wild nie meer die geleentheid om die eertydse migrasieroetes te volg tussen somer en winterveld waar geskikte weiding in die onderskeie seisoene beskikbaar is nie. Dus het wild op die meeste wildsplase nie meer dieselfde keuse van weiding nie, soos die geval was in die verlede, in 'n natuurlike, vrye habitat. Die wild word nou geforseer om die hele jaar in dieselfde area te bly, hetsy die kruieveld geskik is al dan nie. Gedurende die droë maande is natuurlike weiding meestal droog, veselagtig en smaakloos met aansienlik laer voedingswaarde. Vanselfsprekend verloor wild baie vinnig kondisie gedurende hierdie tyd. Wild se anatomiese-, fisiologiese- en gedragspatrone is aangepas om te oorleef reg deur die jaar met weiding wat hulle verkry in hul natuurlike habitat, sonder enige supplementêre voer, mits hulle nie ingeperk word nie. Waar hulle egter ingeperk word tot slegs een area dwarsdeur die jaar, soos op feitlik elke wildsplaas in die land, word aanvullende voer 'n noodsaaklikheid sodat die bestaande kruieveld optimaal benut kan word en die diere nog hul kondisie behou. Die eienaars van Safari Voere het die kruks van die probleem besef: op watter wyse moet hierdie supplementêre voeding gegee word? Dit moes gerieflik, ekonomies, veilig en aanvaarbaar wees vir diere. Hier het die uitgebreide reeks voere wat Safari vervaardig hul ontstaan gehad. SAFARI VOERE (EDMS) BPK IS IN 1998 GESTIG.